PRO-LEWE: Dit is
My Liggaam!
Ek
kan kies wat ek daarmee wil doen.
Aborsie is wettig ...
Maar
Wat Wettig Is, Is Nie Noodwendig Reg Nie!
Apartheid
was wettig maar immoreel. Slawerny was wettig maar immoreel. Dieselfde
argumente wat destyds gebruik is om slawerny te verdedig en te bevoreder
word tans gebruik om aborsie te regverdig. Neem bv. n saak in die
VSA: In 1857 het die Amerikaanse hooggeregshof beslis dat: swart
mense is nie wettige persone nie. Hulle is die eiendom van hul eienaars.
Die eienaar kan hulle koop, verkoop of selfs doodmaak. Die voorstaanders
van slawerny het aangevoer dat niemand diegene wat gekant is teen slawerny
dwing om slawe te besit nie. Hulle het voorts gesê: Moenie
julle moraliteit op die slawe eienaar afdwing nie. Hy het die reg om te
kies om slawe te besit as hy wil.
100 jaar later in 1973 het die hooggeregshof van VSA besluit dat ongebore
babas nie wettige persone is nie, hulle het geen siviele en menslike regte
nie, en is die wettige eiendom van die eienaar (die moeder). Sy het absolute
wetlike reg om haar ongebore baba te behou of te vernietig. Die pro-aborsie
gesindes sê: Jy word nie geforseer om n aborsie te hê
nie, moet net nie jou denke op moeders afdwing nie. Sy het die reg om
te kies om haar ongebore baba dood te maak as sy dit so verkies.
Abraham
Lincoln het in die 19de eeu die volgende gesê.
Niemand het die reg om die verkeerde te doen nie.
Dit
Is My Liggaam! Ek Kan Self Kies Wat Ek Daarmee Wil Doen.
Ja,
jy het die reg om te kies wat jy met jou liggaam wil doen, maar die keuse
word uitgeoefen voor bevrugting. Mans en vrouens is vry om te kies om
God se morele wette te volg en weg te bly van seks voor die huwelik; of
om God se morele wette te ignoreer. Jou keuse is geldig voor bevrugting!
Die oomblik as bevrugting plaasvind het, het jy nie meer n
keuse nie, maar wel n kind.
Die die kind se geboorte het jy weer n keuse om die kind
te behou of om die kind beskikbaar te stel vir aanneming. Dis pro-lewe
ondersteuners is gekant teen die keuse om te moor.
Die
Baba Is Nie Deel Van Die Moeder Nie
Na
bevrugting is jy verantwoordelik vir die lewe van jou kind. Die keuses
wat jy maak sal bepaal of jou kind gaan lewe of sterwe. Al jou regte word
beperk die oomblik as dit op iemand anders sn inbreuk maak. Die
vraag is: Sal ek skade berokken aan iemand anders? Met aborsie is die
antwoord verseker: Ja!! Want aborsie neem n ander persoon se lewe.
Die
Eerste Weke Van n Nuwe Lewe
Die ongebore
baba is n persoon vanaf die oomblik van bevrugting: Time Magazine
en Rand McNallys Atlas of the Body sê: In die samesmelting
van die manlike en vroulike geslagselle, ontwikkel n bevrugte enkele
sel die sigoot wat die begin van n nuwe persoon is.
In hierdie selletjie is die volkome genetiese bloudruk met alle detail
opgesluit.
· Die baba se hart begin 3 weke na bevrugting binne die baarmoeder
klop
· Breingolwe kan waargeneem word op 6 weke met n EEG. Indien
die afwesigheid van breingolwe die dood aandui, dan moet die aanwesigheid
daarvan tog sekerlik n bevestiging van lewe wees?
· Op 9 weke het die baba sy eie unieke vingerafdrukke.
· Teen 12 weke het die baba gevoel vir hitte, aanraking, lig en
geraas. Alle liggaamsfunksies werk. Die baba weeg ongeveer 28g en is 6
- 7.5cm lank.
Reeds vanaf die oomblik van bevrugting behoort die ongebore baba die volle
beskerming van die wet te geniet, net soos enige ander persoon.
Komplikasies
vir die Moeder
Selfs wettige aborsies is ook onveilig vir die moeder. Daar is baie fisiese,
emosionele en geestelik komplikasies gepaardgaande met aborsies. Dit is
definitief nie n vinnige uitweg nie. Hier volg n lys van die
moontlike nagevolge:
Fisiese
effekte van aborsie
· Die dood van die moeder
· Dood van die baba
· Steriliteit
· Toekomstige miskrame
· Buisswangerskappe
· Doodgeboortes
· Menstruele steurnisse
· Bloeding en erge pyne
· Infeksies
· Skok
· Geperforeerde baarmoeder
· Borskanker |
Psigologiese
effekte van aborsies
· Skuldgevoel, berou en selfverwyt
· Selfmoordneigings
· Rou
· Nagmerries
· Lae selfbeeld
· Woede en vyandigheid
· Kindermishandeling
· Moedeloosheid, hulpeloosheid
· Onvergewensgesindheid
· Neiging om datum van dood te onthou
· Belangrike datum herinnering (geboortedag)
· Verloor belangstelling in seks
· Haat teenoor enigiemand te doen met aborsie |
Die
Keuse tot beindiging van Swangerskap wetgewing (Choice on
Termination of Pregnancy) (TOP) het n nuwe vlaag van kindermoorde
oor die hele Suid Afrika begin. Dit laat aborsies toe op aanvraag sonder
enige verduideliking, sonder n wagtydperk, vir enige iemand wat
tot op 12 weke swanger is.
Die
mees algemene metode van aborsie wat gebruik word, is die suig-aborsiemetode,
waar die ongebore baba en die nageboorte deur n kragtige pomp uit
die baarmoeder gesuig word. Nog steurende feite oor aborsies in Suid Afrika
is:
·
Van 12-20 weke is die voorwaardes vir aborsies so vaag dat vrouens sonder
enige goeie rede kan aborteer.
· Jong tieners het die reg om sonder hulle ouers se toestemming
hulle babas dood te maak. En het ook nie eers nodig om dit vir hulle
ouers na die tyd te sê nie.
· Vrouens kan sonder die toestemming en medewete van hulle mans
hul babas vermoor.
· Dokters word nie gestraf as hy buite die regulasies werk nie,
maar as iemand teen aborsie is en probeer om die babas te red kan hulle
tronkstraf kry.
Om
die moord op ongebore babas wettig en maklik te maak met belastinggeld
gaan ook teen alle logika. Elke mens het die reg van die Skepper ontvang
om lewe en vryheid te verdedig.
Want
U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. Psalm 139:13
As
u Alleen, Onseker en Bang is en dalk n Krisis Swangerskap in die
Gesig Staar
.
Kontak asb. n Crisis Pregnancy Centre vir praktiese raad en liefdevolle
ondersteuning. Hulle sal jou ook help om jou bekommernisse met jou vriend,
man of ouers te bespreek en om die regte besluit te neem vir jou en jou
baba. Hulle sal ook vir jou hulp en bystand gee gedurende die swangerskap.
Die hulp is gratis en konfidensieël en sal gegee word ongeag van
huweliksstatus, ouderdom of geloof.
Enige Iemand Kan Help Om Aborsies Te Stop
Tree in: Vir moeders met krisisswangerskappe en vir die babas wat
geaborteer word; vir krisis-swangerskapsentrums en pro-lewe organisasies
en bedienings; en dat God genade sal betoon aan ons land en hierdie aborsie-klinieke
sal sluit en dat hierdie diens nie meer in regerings klinieke
en hospitale aangebied sal word nie (Jakobus 5:16)
Wees ingelig: Bestudeer die Bybel om te sien wat dit sê oor
die heiligheid van menslike lewe, oor moord, en God se opdrag om te staan
vir geregtigheid. Kontak Africa Christian Action en CFT en vra vir leesstof
oor aborsie. Bestel Fight for Life, A pro-life handbook for Southern
Africa (beskikbaar teen R22) en Make a Difference, A Christian
Action Handbook for Southern Africa (teen R65 elk) vir meer inligting
oor die Bybelse, mediese en sosiale faktore rakende aborsie en vir wat
u kan doen om n verskil te maak.
Wees betrokke: Maak jou mond oop vir die stomme ... oordeel
regverdig en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige. Spreuke
31:8-9
· Bekom n Christian Action Starter Pack van ACA.
· Praat met vriende, familie en jou dokter. Skakel in op radio-praatjies.
· Bied jou hulp aan by krisissentrums en pro-lewe bedienings.
· Skryf in op ACA en/of CFT se nuusbrief.
· Neem deel aan aksies: Life Chains en Sanctity Life Sunday ens.
For
other Crisis Pregnancy Centres in South Africa click
here
|
For
more information and resources contact:
AFRICA CHRISTIAN ACTION
|
|