PROLIFE:
Mypale van vroee lewe
Die
eerste nege maande van ons lewe was waarskynlik die mees gebeurtenisvolle
tyd wat ons ooit ervaar het. Hier volg die belangrikste mylpale van daardie
lewe voor
geboorte - die eerste hoofstuk in jou eie biografie:
Bevrugting
Die spermsel van die vader dring die moeder se sel binne. Genetiese instruksies
van beide vader en moeder reageer op mekaar om 'n nuwe en unieke indiwidu
te begin - niks groter as 'n suikerkorrel nie.
1ste dag
Die eerste sel verdeel in twee, die twee in vier en so aan.
5-9 dae
(die eerste week)
Die nuweling anker homself binne-in die wand van die baarmoeder
14 dae
(tweede week)
Moeder se menstruele periode word onderdruk deur 'n hormoon wat deur haar
kind vervaardig word.
18 dae
Die hart ontwikkel. Binnekort sal daar tekens van die oë wees.
20 dae
(derde week)
Fondasies vir die brein, rugmurgkanaal en senuweestelsel word gelê
24 dae
Hart begin klop.
28 dae
(vierde week)
Spiere ontwikkel langs die toekomstige rugstring. Arms en bene begin wys.
30 dae
(eerste maand)
Kind het 10 000 keer gegroei tot 6-7mm lank. Brein het menslike proporsies.
Bloed vloei in die are, (maar bly apart van moeder se bloed.).
35 dae
(vyfde week)
Hipofiseklier in brein ontwikkel. Mond, ore en neus kry vorm.
40 dae
Hart se energieverbruik is 20% van 'n volwassene s'n.
42 dae
(sesde week)
Die geraamte het gevorm. Brein koördineer bewegings van die spiere
en die organe. Refleksreaksies het begin. Penis vorm by seuntjies. (Moeder
slaan haar tweede menstruele periode oor)
43 dae
Breingolwe kan gemonitor word.
45 dae
Spontane bewegings begin. Klein knoppies dui die begin van melktande aan.
7 weke
Lippe is sensitief vir aanraking. Ore mag reeds 'n bekende familietrek
toon.
8 weke
Kind is in goeie verhoudings ontwikkel. Nou 'n babatjie op klein skaal:
3cm en weeg een gram. Elke orgaan is teenwoordig. Hart klop kragtig. Maag
produseer verteringsappe. Lewer maak bloedselle. Niere begin werk. Smaakkliere
vorm.
8 1/2
weke (tweede maand)
Vingerafdrukke vorm. Ooglede en handpalms is sensitief vir aanraking.
9 weke
Kind vou vingers om 'n voorwerp wat in handpalm geplaas word. Duimsuig
kom voor. Vingernaels vorm.
10 weke
Liggaam is sensitief vir aanraking. Kind loer effe skuins, sluk, trek
wenkbroue op en frons.
11 weke
Baba urineer, trek sy gesig op allerhande maniere - selfs glimlag.
12 weke
Lewendige bewegings wys op indiwidualiteit. Kind kan skop, voete draai,
tone krul en oopmaak, vuis maak, duime beweeg, polse buig, kop draai,
mond oop en toemaak, lippe styf opmekaar klem. Begin asemhalingspiere
oefen.
13 weke
(derde maand)
Gesig is mooier, gesigsuitdrukkings lyk al soos die ouers s'n. Maak sierlike
bewegings, reaksies
vinnig. Stembande vorm, hoewel die baba nie kan huil sonder lug nie. Seksorgane
is sigbaar.
4 maande
Kind kan gryp met die hande swem en bolmakiesie slaan.
4-5 maande
Moeder voel die eerste keer haar kind se bewegings.
5 maande
Slaappatrone verskyn, 'n deur wat klap het vinnige reaksie tot gevolg.
Kind reageer op geluide wat te hoog of te laag is vir volwassenes om te
hoor.
6 maande
Fyn haartjies verskyn op wenkbroue en kop. Oogwimpers vorm. Gewig ongeveer
640 gram en lengte 23cm. Babas wat gebore is op hierdie stadium het al
oorleef.
7 maande
Oogtande teenwoordig. Ooglede maak oop en toe, oë begin rondkyk.
Hande het stewige greep. Moeder se stem word gehoor en herken.
8 maande
Gewig het met 1kg toegeneem en baba se ruimte raak klein.
9 maande
Kind sit self die kraamproses aan die gang en geboorte vind plaas, gewoonlik
255-275 dae na bevrugting. Van die 45 stasies van selverdeling wat moet
plaasvind, is 41 reeds afgehandel. Vier meer sal tydens kinderjare en
adolossensie kom.
Die
mylpale hierbo is deur wetenskaplike navorsing bevind en aangeteken. Klein
variasies van ure en dae mag voorkom en toekomstige navorsing mag wys
dat sekere mylpale selfs vroeër kon plaasvind as wat nou besef word.
Printed
with permission from Heritage House "76, Inc, 919 So. Main St. Snowflake,
AZ 85937, USA in
St. Snowflake, AZ 859
|
For
more information and resources contact:
AFRICA CHRISTIAN ACTION
|
|