2 September 2002

Die Redakteur, Die Burger, Faks 021 406 2600, e-pos dbmening@dieburger.com

Posbus 36129
Glosderry
7702
jeanine@ledge.co.za
Cell 083 491 4413

Publikasieraad sê The Pink Agenda kan aan kinders verkoop word

Ek was verstom om Jozua Hugo se brief "Publikasieraad het boek gekritiseer" (Menings, 27/8) te lees. Weet hy nie dat die Film and Publications Review Board op 2 Mei "The Pink Agenda – Sexual Revolution in South Africa and the Ruin of the Family" se R18 ouderdoms beperking gelig het nie? Die Raad (met ses hoog gekwalifiseerde lede) het gesê: "… the writers do enjoy the freedom to express any view that cannot be conclusively proven to incite hatred or violence. This conclusion is grounded particularly in the Review Board's opinion that the publication could be deemed, if not a bona fide scientific document, then at the least a bona fide discussion, argument or opinion on either a matter pertaining to religion, belief or conscience or of public interest." Ongelukkig lyk dit asof Mr. Hugo se inligtingsbron, Die Burger, diè Raad se besluit nie ‘n berig werd geag het nie, en hy is met die indruk gelos dat "The Pink Agenda" haatspraak is. Ongelukkig weet Die Burger se lesers ook nie dat die enigste rede hoekom Die Burger Peter Hammond se brief enigsins gedruk het (let op: meer as ses maande na die oorspronklike artikel) was omdat die Pers Ombudsman vir hulle gesê het hulle moet.

Elke mens is al van bevrugting af van God vervreemd, en verdraai natuurlik die Here se goeie skepping. Egte vrede met God kan net werklikheid wees as mense bereid is om hulle sonde – hoe dit ookal uitgedruk word – te los, en God deur die Kruis te nader.

Jeanine McGill
Rondebosch

For more information and resources contact:
AFRICA CHRISTIAN ACTION

PO Box 36129, Glosderry, 7702, South Africa
Tel: (+27 21) 689-4481 Fax: (+27 21) 685-5884
E-mail: info@christianaction.org.za