Aborsie - Die Feite

Print

Volgens die Bybel is GOD DIE OORSPRONG VAN ALLE LEWE.

"En die Here het haar swanger laat word, en Rut het 'n seuntjie in die wêreld gebring." Rut 4:13

"U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my moeder." Ps 139:13

Volgens die Bybel BEGIN LEWE REEDS TYDENS BEVRUGTING. God het Jeremia reeds geken en geroep toe hy nog in sy moeder se "skoot" was (Jer. 1:5). Johannes die Doper het in sy moeder se "skoot van vreugde opgespring" en was "gevul met die Heilige Gees" (Luk 1:44). Jesus is deur die Heilige Gees in Maria se baarmoeder verwek (Mat. 1:20). Die apostel Paulus is voor sy geboorte al deur God afgesonder en uitverkies (Gal. 1:15, 16).

"So sê die Here jou Verlosser wat jou in die moederskoot gevorm het: Ek is die Here, Ek het alles geskep . . ." Jes. 44:24

Die Aborsie Slagting

In die VSA word daar jaarliks meer as een en 'n half miljoen lewens deur aborsie beëindig. In die voormalige Rusland is daar bykans jaarliks meer as 7 miljoen aborsies gedoen. Wêreldwyd, word daar elke jaar 55 miljoen jong lewens deur aborsies vernietig. Daar word hoofsaaklik van vier metodes gebruik gemaak om aborsies uit te voer, naamlik:

1. Suigkurretasie _ Die ongebore baba word deur 'n sterk suigkrag uit die

baarmoeder gesuig.

2. Bilatasie en Kurretasie _ 'n Chirurgiese instrument word in die baarmoeder geplaas, waardeur die ongebore baba vermink, in stukkies gesny en verwyder word.

3. Prostaglandien _ 'n middel wat gebruik word om 'n vroeë kraam of vrugafdrywing te bewerkstellig. Soms word die baba binne die baarmoeder met sout doodgebrand.

4. Histere tomie _ 'n Mini-keisersnit operasie word uitgevoer om die baarmoeder oop te maak. Sodoende word die ongebore babe óf verwurg óf net gelos om dood te gaan.

Nietemin, watter metode ookal gebruik word, hetsy suiging, verminking, branding, verwurging _ die uiteinde bly steeds die dood van 'n nuut verwekte lewe. Die VSA, om die waarheid te sê, verloor meer mense JAARLIKS deur aborsie as hulle totale verliese tydens al die oorloë waarin hulle betrokke was gedurende die afgelope drie eeue.

Diegene wat gewalg word as hulle verslae hoor van sataniste wat kinders offer, moet in ag neem dat, streng gesproke, aborsie slegs 'n kliniese en gesofistikeerde vorm is van kinderofferandes. Die meeste mense kom maklik in opstand oor kannibalisme, dog word duisende geaborteerde babas verkoop aan maatskappye wat dit gebruik in sjampoes en skoonheidsmiddels.

Die Bybel se Lering is ten Gunste van Lewe

In die Bybel word die vraag gevra:

"Kan 'n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie." Jesaja 49:15

Volgens die Bybel het God die mens na Sy beeld geskape en beveel dat hy vrugbaar moet wees en vermeerder. (Genesis 1:26-28)

Die kosbaarheid en onaantasbaarheid van lewe word verklaar. (Gen 9:6)

Kinders word beskou as 'n gawe van God. (Gen 21:1, 2; 25:21)

Onskuldige bloedvergieting verontreinig 'n volk wat dit toelaat. (Num. 35:33)

Kinders kan nie doodgemaak word vir die sonde van hul ouers nie. (Deut. 24:16)

God verklaar die waardigheid van die menslike lewe. (Psalm 8)

Dawid erken dat sy menslikheid begin het tydens bevrugting. (Psalm 51:7)

God vernuwe die aarde deur nuwe lewe te skep. (Psalm 104:30)

Kinders is 'n seën _ 'n erfenis en beloning _ van God. (Psalm 127:3)

God haat hande wat met onskuldige bloed bevlek is. (Spr. 6:16, 17)

God vorm ons in die moederskoot (baarmoeder). (Jes. 44:2).

Ons beskik oor 'n verantwoordelikheid as Christene om die goddelose te waarsku.
(Eseg. 3:17-19).

Die doodmaak van swanger vroue bring God se toorn neer op die goddelose.
(Amos 1:13-15)

Jesus het die volgende oor kinders gesê: "En wie so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My."" Matt. 18:5

"Pas op dat jullenie een van hierdie kleinjties verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van My Vader wat in die hemele is." Matt. 18:10

"So is dit ook nie die wil van julle Vader in die hemel dat een van hierdie kleintjies verlore moet gaan nie." Matt. 18:14

Wat dan is die Christen se antwoord op aborsie?

Ons lees in Eksodus 1 dat die koning van Egipte beveel het dat al die babaseuntjies doodgemaak moes word. Die Here het die vroedvroue geseën, wat geweier het om dit te doen.

"Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!" Spreuke 24:11

Wanneer Begin Lewe?

Die lewe van 'n individu begin tydens die oomblik van bevrugting, wanneer 23 chromosome van elke ouer gebruik word vir die vorming van 'n unieke lewende wese. Die ongebore baba is onmiddellik daarna geneties, fisiologies en organies 'n onderskeibare persoon. Op daardie oomblik begin lewe. Alle verdere vorming daarna, is bloot deel van 'n proses van ontwikkeling, groei en volwassewording.

Die piepklein nuwe mensie beskik reeds op 3 weke oor die eerste tekens van oë, 'n ruggraat, 'n senuweestelsel, longe, 'n maag en ingewande. Op 18 dae begin die hartjie te klop. Ses weke na bevrugting beskik die babatjie oor sy eie lewenslange breingolf.

As die afwesigheid van 'n breingolf beskou word as 'n teken van dood, waarom word dit dan nie aanvaar dat die teenwoordigheid daar 'n teken van lewe is nie?

Geboorte is nie `n magiese proses, waartydens 'n onmenslike wese skielik in 'n lewende mens verander nie. Geboorte is slegs `n verandering van omgewing vir 'n lewe, wat etlike maande tevore reeds begin het.

Aborteerders moet erken dat aborsie nie altyd veilig is nie. Behalwe dat 'n kind doodgemaak word, kan die lewe en gesondheid van die moeder ook in gevaar gestel word. Enige beskaafde samelewing ondervind probleme wanneer mense ander kan doodmaak vir hul eie gerief. So ook kan aborsie dikwels toekomstige miskrame en onvrugbaarheid veroorsaak en laat dit altyd emosionele letsels.

Dit is noodsaaklik dat Christene 'n alternatief kan bied vir aborsie. Aanneming is dikwels 'n werkbare en geldige antwoord vir ongewensde swangerskappe. Daar is, egter, baie ouers en kinderlose egpare wat desperaat daarna smag om 'n kindjie aan te neem. Dis wreed om lewens weg te gooi, terwyl daar ander mense is wat juis daarvoor bid.

Dit behoort vir Christene vanselfsprekend te wees om op konsekwente wyse liefde en praktiese ondersteuning te bied aan swanger moeders en hul ongebore babas. 'n Atmosfeer van besorgheid, waarin daar omgegee word, sal die verskil maak.

"Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. KIES DIE LEWE, sodat jy en jou nageslag kan lewe."

Deut. 30:19, 20

Dr. Peter Hammond

For more information and resources contact:
AFRICA CHRISTIAN ACTION

 

Christian Action P.O.Box 23632 Claremont 7735 Cape Town South Africa [email protected] - 021-689-4481 - www.christianaction.org.za
Our website is protected by DMC Firewall!