Mypale van Vroee Lewe

Print

Die eerste nege maande van ons lewe was waarskynlik die mees gebeurtenisvolle tyd wat ons ooit ervaar het. Hier volg die belangrikste mylpale van daardie lewe voor
geboorte - die eerste hoofstuk in jou eie biografie:

Bevrugting


Die spermsel van die vader dring die moeder se sel binne. Genetiese instruksies van beide vader en moeder reageer op mekaar om 'n nuwe en unieke indiwidu te begin - niks groter as 'n suikerkorrel nie.

1ste dag
Die eerste sel verdeel in twee, die twee in vier en so aan.

5-9 dae (die eerste week)
Die nuweling anker homself binne-in die wand van die baarmoeder

14 dae (tweede week)
Moeder se menstruele periode word onderdruk deur 'n hormoon wat deur haar kind vervaardig word.

18 dae
Die hart ontwikkel. Binnekort sal daar tekens van die oë wees.

20 dae (derde week)
Fondasies vir die brein, rugmurgkanaal en senuweestelsel word gelê

24 dae
Hart begin klop.

28 dae (vierde week)
Spiere ontwikkel langs die toekomstige rugstring. Arms en bene begin wys.

30 dae (eerste maand)
Kind het 10 000 keer gegroei tot 6-7mm lank. Brein het menslike proporsies. Bloed vloei in die are, (maar bly apart van moeder se bloed.).

35 dae (vyfde week)
Hipofiseklier in brein ontwikkel. Mond, ore en neus kry vorm.

40 dae
Hart se energieverbruik is 20% van 'n volwassene s'n.

42 dae (sesde week)
Die geraamte het gevorm. Brein koördineer bewegings van die spiere en die organe. Refleksreaksies het begin. Penis vorm by seuntjies. (Moeder slaan haar tweede menstruele periode oor)

43 dae
Breingolwe kan gemonitor word.

45 dae
Spontane bewegings begin. Klein knoppies dui die begin van melktande aan.

7 weke
Lippe is sensitief vir aanraking. Ore mag reeds 'n bekende familietrek toon.

8 weke
Kind is in goeie verhoudings ontwikkel. Nou 'n babatjie op klein skaal: 3cm en weeg een gram. Elke orgaan is teenwoordig. Hart klop kragtig. Maag produseer verteringsappe. Lewer maak bloedselle. Niere begin werk. Smaakkliere vorm.

8 1/2 weke (tweede maand)
Vingerafdrukke vorm. Ooglede en handpalms is sensitief vir aanraking.

9 weke
Kind vou vingers om 'n voorwerp wat in handpalm geplaas word. Duimsuig kom voor. Vingernaels vorm.

10 weke
Liggaam is sensitief vir aanraking. Kind loer effe skuins, sluk, trek wenkbroue op en frons.

11 weke
Baba urineer, trek sy gesig op allerhande maniere - selfs glimlag.

12 weke
Lewendige bewegings wys op indiwidualiteit. Kind kan skop, voete draai, tone krul en oopmaak, vuis maak, duime beweeg, polse buig, kop draai, mond oop en toemaak, lippe styf opmekaar klem. Begin asemhalingspiere oefen.

13 weke (derde maand)
Gesig is mooier, gesigsuitdrukkings lyk al soos die ouers s'n. Maak sierlike bewegings, reaksies
vinnig. Stembande vorm, hoewel die baba nie kan huil sonder lug nie. Seksorgane is sigbaar.

4 maande
Kind kan gryp met die hande swem en bolmakiesie slaan.

4-5 maande
Moeder voel die eerste keer haar kind se bewegings.

5 maande
Slaappatrone verskyn, 'n deur wat klap het vinnige reaksie tot gevolg. Kind reageer op geluide wat te hoog of te laag is vir volwassenes om te hoor.

6 maande
Fyn haartjies verskyn op wenkbroue en kop. Oogwimpers vorm. Gewig ongeveer 640 gram en lengte 23cm. Babas wat gebore is op hierdie stadium het al oorleef.

7 maande
Oogtande teenwoordig. Ooglede maak oop en toe, oë begin rondkyk. Hande het stewige greep. Moeder se stem word gehoor en herken.

8 maande
Gewig het met 1kg toegeneem en baba se ruimte raak klein.

9 maande
Kind sit self die kraamproses aan die gang en geboorte vind plaas, gewoonlik 255-275 dae na bevrugting. Van die 45 stasies van selverdeling wat moet plaasvind, is 41 reeds afgehandel. Vier meer sal tydens kinderjare en adolossensie kom.

Die mylpale hierbo is deur wetenskaplike navorsing bevind en aangeteken. Klein variasies van ure en dae mag voorkom en toekomstige navorsing mag wys dat sekere mylpale selfs vroeër kon plaasvind as wat nou besef word.

Printed with permission from Heritage House "76, Inc, 919 So. Main St. Snowflake, AZ 85937, USA in St. Snowflake, AZ 859.

For more information and resources contact:
AFRICA CHRISTIAN ACTION

 

Christian Action P.O.Box 23632 Claremont 7735 Cape Town South Africa [email protected] - 021-689-4481 - www.christianaction.org.za
DMC Firewall is a Joomla Security extension!